This event is over.
MANNE WAT GLO

Doors open at 6:00 pm

Ná die sukses van ‘Manne wat glo’ is Leon Ferreira, Dewald Gouws, Willie Joubert en Jan de Wet gerat om die Koninkryksboodskap nog wyer te verkondig met ‘Manne wat glo 2’!
In in tyd waar twyfel heers binne Suid-Afrika en doemprofete ‘n baie donker toekomsbeeld skilder, tree dié album na vore as ‘n musikale baken van lig met kleurryke harmonieë en energieke ritmes, afgewissel met akoestiese- en selfs a-capella klanke.
Met elke lid van dié viertal wat ‘n solo-kunstenaar in eie reg is, is die 15 snitte op hierdie album sorgvuldig saamgestel om elkeen se unieke klank na vore te bring, maar steeds baie ruimte te gun vir ‘n meevoerende, inspirerende samesmelting van vier van die land se voorste Gospel-stemme.
Snitte soos “Geboorteland”, “Spore van hoop”, “Here leer my om man van God te wees”, “Ons lê ons krone neer”, “Stuur U reën’ en “Reik na die sterre” voer deurgaans ‘n sterk boodskap van absolute afhanklikheid van God, en ‘n gereedheid om Hom op alle terreine met oorgawe te dien, aan, met ‘n sentrale tema van “geloof, hoop en liefde” – ook die titel van een van die snitte.
Al die snitte op hierdie album is nuutskeppings, met uitsondering van die laaste lied: ‘n kragtige orrel-en-simfonie verwerking van die Liedboek-gunsteling, “Lofsing die Here”. Hierdie snit bind die album uitstekend saam in ‘n majestieuse vermenging van woord en melodie.
Nes die eerste album is ‘Manne wat glo 2’ ‘n moet-hê vir jou geestelike musiekversameling.
Die album is nou landswyd beskikbaar.