Inskrywings GESLUIT.
Wen 'n Jag vir jou en 2 Pelle


Wen 'n Jag Naweek vir jou en 2 pêlle by Knapdaar Boerdery, Tosca (23-25 September 2021).
Kaartjies kos R150**
Prys sluit in:
- 3 x Gemsbokke, 3 x Springbokke
- Alle etes (Bring jou eie drank)
- Jagpakkies
- Akkommodasie
- Professionele jag-gids
'n Gedeelte van die inkomste asook 'n gedeelte van die vleis word geskenk aan 'n welsyn organisasie.
Trekking vind plaas Vrydag, 17 September 2021.
- Met jou deelname aan hierdie kompetisie word jy gebind aan die bepalings en voorwaardes van die kompetisie.
- Die Kompetisie neem aanvang 30 Julie 2021 en eindig op 17 September 2021 om 12h00.
- Die wenner sal aangekondig word op 17 September 2021 op Steve Hofmeyr Musiek se Facebook Page (https://www.facebook.com/Steve.Hofmeyr ) en sal ook telefonies verwittig word.
- Die wenner sal bepaal word deur middel van ‘n prystrekking en die uitslag sal as finaal beskou word.
- Geen direkte familielede of werknemers van Steve Hofmeyr Musiek en/of Knapdaar Boerdery mag die prys wen nie.
- Die prys sluit ‘n Jag in op Knapdaar Boerdery (https://www.facebook.com/www.knapdaarboerdery.co.za/ ) van 23 September 2021 tot 25 September 2021.
Arriveer 23 September 2021 na 13h00 en vertrek 25 September 2021 voor 10h00. - Vervoer tot op die plaas en weer terug na U bestemming is nie ingesluit nie.
- Die wenner kan 2 vriende of familielede saambring op die jag.
- Deelnemmers moet bo die ouderdom van 12 jaar wees ten tye van inskrywing.
- Indien die wenner jonger as 18 jaar oud is ten tye van aankondiging, moet jy vergesel word deur jou ouer of voog en dit sal dan tel as 1 familielid wat jy kan saambring.
- Prys sluit die jag van 3 x Gemsbokke (enige grootte)en 3 x Springbokke in.
- Enige ander wild wat gejag word bo en behalwe wat ingesluit is in die prys, is vir jou eie rekening.
- Die prys sluit verblyf by Knapdaar Boerdery in.
- Die prys is nie oordraagbaar, verhandelbaar of omruilbaar vir kontant nie.
- Vervoer van die wild vanaf die plaas en verwerking is vir U eie rekening, verwerking kan gereel word indien versoek.
- Kos vir die tydperk op die plaas (2 etes per dag) is ingesluit en drank is uitgesluit in die prys. Enige ekstra voedsel benodig moet self voorsien word. Eie kos kan ook voorsien word en word aanbeveel indien kos voorkeure buite die normale kampvuur braai is.
- Alles op die plaas wat deel uitmaak van die jag, jagvoertuig, slag, koelkamers en hout is ingesluit.
- Die wenners van die kompetisie word bepaal deur 'n prystrekking, hoe meer lootjies jy koop, hoe groter is jou kans om te wen.
- Daar is geen limiet op die hoeveelheid lootjies wat gekoop of verkoop mag word nie.
- Steve Hofmeyr Musiek behou die reg voor om die kompetisie en/of die inhoud daarvan op sy eie diskresie en te enige tyd te verander, op te gradeer of op te skort.
- Steve Hofmeyr Musiek behou die reg om enige inskrywing te diskwalifiseer.
- Die trekkingsproses sal as volg wees: 10 finaliste sal getrek word en ‘n finale wenner sal uit die 10 finaliste, via ‘n lewendige uitsending, getrek word op die dag.
- Sou die wenner aandui dat hy nie die prys kan/wil aanvaar nie sal die wenner die prys verbeur en sal die naaswenner kwalifiseer vir die prys.
- Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
- Indien die prys nie binne 4 kalenderdae aanvaar word nie, sal die prys na die volgende wenner gaan.
- Wenners benut die prys op hul eie risiko. Nie Steve Hofmeyr Musiek of Knapdaar Boedery en hulle werknemers kan aanspreeklik gehou word vir enige verlies, skade, persoonlike beserings of dood wat spruit uit enige nalatigheid of opsetlike optrede met die aanvaarding of gebruik van die prys nie.
**R10 transaksie fooi word per bespreking gehef.